top of page

"Wat as"

Deur Leatitia Coetzee


Ek weet hierdie vraag “Wat as” spook by ieder en elke een van ons op een of ander stadium in ons lewens. Hierdie vraag, alhoewel dit so klein is, het die vermoeë om ons te kniehalter en ons lewe en besluite handomkeur te verander.


Hoeveel keer in my eie lewe het ek myself bevind op ‘n plek waar ek nie wil of wou wees nie, en dan hardloop hierdie vraag soos ‘n V5 deur my brein en vernietig elke “rational “ gedagte wat ek het, kom krap alles om en los my in ‘n warboel van onsekerheid, negatiewiteit en emosies.


Hoeveel van julle was al hier of is tans hier. Met die by vraag wat altyd volg...” moet ek links waar daar niks reg is nie (toekoms) of regs waar daar niks oor is nie ( verlede)?”


Dit is seker die moeilikste plek om te wees in jou lewe. Die spreekwoordelike “fork in the road ahead”.


Dit is dan wat die van ons wens ,dat elke sprokie wat ons al ooit gelees het waar sal word en die “Fairy Godmother” opdaag en daardie verflakste staffie van haar swaai en alles kom verander in ‘n gelukkige sprokiesverhaal einde.


Jy weet die een wat sê “And she lived happily ever after.”


Maar wat doen ons as die realitiet nie is soos ‘n sprokies verhaal nie, en jy staan by daardie vurk en nou moet jy kies. Hoe kies jy? Gebruik jy jou hart ( emosies) of jou brein (onemosioneel)?

Jong kom ek sê julle, as ‘n groot ou softie en empath is daardie een nie maklik nie, want soms verlaat my Sentry sy wagpos voor my hart, brein en mond en dan storm ek holders-te-bolders voort en as ek my oë uitvee is ek in ‘n plek of situasie waar ek nie wou wees nie, en die ironie is, daardie stemmetjie in my agterkant van my kop (God of Fairy God Mother) hoe ookal dit sy, het my gewaarsku maar ek het net gehardloop sonder om te luister of te dink.

O aarde en hoe moeilik is daardie plek om te wees? Hoe maak jy jou keuse en opvolgende fout reg? Hoe vat jy die woorde nadat dit gespreek is terug? Hoe maak jy die hartseer nadat dit gedoen en ontvang is beter? Die aaklige waarheid is jy kan nie. Maar jy kan wel die proses van herstêl begin en dit maaters vat vrek lank en is maar baie moeilik.


Daar is ‘n gesêgde uit ‘n “Hollywood movie” Kungfu Panda wat nog altyd vir my so mooi was ;”Oogway: There are no accidents. Oogway: Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. But today is a gift, that is why it's called the present.”


Die mooiste deel van mens wees is, jy mag foute maak, en lesse leer, en oor begin soveel keer as wat jy moet, om te groei en te leer vertrou op God. Dit is wat genade beteken.

Leer om roekeloos te vertrou op God. Gee jou alles vir Hom (selfs die dele wat jy dink te lelik en gebroke is) en kyk hoe Pappa jou lewe kan gebruik en verander sodat jou TEST ‘n amazing TESTIMONY vir ander kan raak. En eendag net eendag gaan iemand na jou toe kom en sê “weet jy wat jou storie het my lewe verander, dankie”.

Jy is uniek, jy is pragtig, jy is vol foute, jy is vlees en bloed maar jy is geskape met God se hand en niks wat Pappa maak is ooit lelik, sleg of ongebruikbaar nie. Jy het ‘n doel, jy is die queen van jou lewe, so sit jou kroon reg op jou kop, lig jou oë na bo en rule jou Kingdom soos net JY kan.

“Wat as” is verbrande hout so los dit in die vuurherd. Gebruik daardie hout-vrae om ‘n groot bonfire te maak en die koue winter seisoene in jou lewe warm en snoesig te maak.


En as jy inspirasie nodig het maak oop jou bybel en lees Jeremiah 29:11 en luister in die agtergrond You Say deur Lauren Diagle. Dit help my altyd dalk vir jou ook mooiste vrou.



637 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page