top of page

Wees B.R.A.A.F genoeg

Brene Brown het in ‘n TED talk gesê “Daring greatly means the courage to be vulnerable. It means to show up and to be seen. ‘’


Hierdie woorde het my laat wonder… hoeveelkeer is ons as vroue te bang om onsself te wees of om ‘n droom na te jaag want ons is eerder bang dat ons nie suksesvol daarin gaan wees nie of ons is bang dat iemand daar buite vir ons sal lag of ons dom sal laat voel.


Mooistevrou, vandag wil ek jou aanmoedig om braaf te wees, so braaf te wees om jou eie unieke self te wees, om vir jouself te lag as jy ‘n blaps begaan en braaf genoeg te wees om elke liewe droom na te jaag. Wees braaf genoeg om weg te stap van ‘n negatiewe situasie en nog brawer….om jou eie waarde te ken. Wees braaf genoeg om die REGTE ding te doen ten spyte van die nagevolge dat jy dalk nie die populerste sal wees weens jou waardes nie.


Om getrou te wees aan jou innerlike jy, is waarskynlik een van die grootste uitdagings waarvoor ons as vroue te staan kom.


Daar is ‘n engelse sê-ding wat lui “ it is okay to not be everyone’s cup of tea” wel, ek was altyd so bang dat mense sou dink dat ek is selfsugtig, ‘n slegte mens of dalk nie van my sou hou as ek durf NEE se het nie. So bang dat ek soms myself eerder sou uitbrand as om ander te durf teleur te stel. Iets wat ek op die harde manier moes leer is om te laat gaan van daardie ‘’disease to please’’ siekte waaraan soveel van ons lei.

Maar die krag van intensie het my heeltemal hiervan genees. Ek het opgehou om na daai stemmetjie in my kop te luister wat my heeltyd probeer oortuig het van wat ander mense sou sê en dink. Ek het my denkwyse intensioneel op God begin rig en wat God van my dink, nie mense nie. Ek het begin glo dat my opinie en my drome vir Hom saakmaak en dit is ultimately al wat saakmaak.


Mooistevrou, jy is geroep tot absolute greatness deur ‘n perfekte God wat Sy eie perfekte tydlyn vir jou lewe het so “wees gemaklik daarmee om ongemaklik te wees”.


Ek sou dalk n paar jaar gelede gevoel het dit is nie op my van toepassing nie, maar ek het vinnig besef dat ‘n mens val so maklik terug in jou gemaksone- daar waar jy nie intensioneel jou lewe lewe nie, daardie plek waar ons as vroue eerder geneig is om vir ons maat, ons kinders, ons familie en ook ons werk te lewe. Dis mos baie gemakliker om te fokus op dit wat jou naastes nodig het as om te fokus op jou eie hart MAAR so vergeet ons baie keer dat ons nie van ‘n lee bekertjie kan tap nie. Wees braaf genoeg om jouself ook soms eerste te sit.


Spreuke 16 vers 3 se:

Alles wat jy doen, moet jy opdra aan die Here, dan sal jou planne slaag.

Wees braaf genoeg om te glo dat jou planne en drome vir God saakmaak. Dra dit op aan Hom en werk elke dag daaraan. Wees braaf genoeg om jou hart te volg, daai 30 sekondes van braaf-wees wat ‘n situasie kan verander aan te gryp, wees braaf genoeg om vas te staan in jou waardes en belangrikste van alles…


WEES BRAAF GENOEG OM TE WEET JY IS GENOEG!




492 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page