top of page

Wees jý gedurende die feesgety

Die liggies skitter helder in al wat 'n winkel is, Michael Bublè speel in full-swing en almal loop al

met pakkies vol geskenkies rond. Dis Kersfees! ';n Wonderlike tyd van die jaar; persoonlik, my

gunsteling tyd. Dit voel of mens net bietjie kan ontspan saam met jou familie, lekker kan kos

maak en 'n glasie wyn kan geniet sommer so net waar jy is.


Waar dit vir van ons heerlik is om familie te sien wat ons dalk regdeur die jaar nie die voorreg

gehad het om te sien nie, is dit dalk vir ander van ons 'n gevreesde affêre. Ek is seker al ons

vrouens het al ongevraagde kommentare gekry van íémand af, hetsy dit iemand is wat jy ken, of

selfs van ‘n vreemdeling af. Wat dit honderd keer erger maak, is wanneer daardie skewe

kommentaar van 'n familielid af kom. Jou tannie vra dalk of sy vir jou 'n nuwe jean kan koop

omdat joune geskeur is, jou ouma skree van vernedering oor die piepklein tattoo op jou gewrig

en behoede, jou oupa vra wragtig vir jou wanneer en óf jy ooit gaan trou. En ja, mens moet dit

seker vat met ‘n knippie sout, maar somtyds is dit net een te veel, veral as dit van iemand afkom

wat deel is van jou “safe space.”


So, hoe gaan jy die feesgety geniet en nie net verduur nie?


1. Wees voorbereid

As jy ‘n familielid het wat ‘n geneigdheid het om kontroversiële of kwetsende aanmerkings te

maak, oefen dalk voor die tyd ‘n paar maniere hoe jy die situasie kan hanteer of selfs vermy.

Om voor die tyd ‘n stelling reg te hê soos: “ek dink nie dis vandag is die regte tyd om dit te

bespreek nie,” kan klaar die oomblik ontlont.


2. Aanvaar dat vakansie vreudge nie ‘n gegewe is nie

Die Kersseisoen kan mense vreeslik gespanne maak. Deur finansiële stres, verpligtende familie

kuiers en om in die teenwoordigheid van familielede te wees met wie ons moontlik in konflik is

of van vervreemd is is genoeg om enige iemand die berge te laat inhardloop. Vat elke dag soos

wat dit kom.


3. Kry ‘n manier om asem te skep

As jy oorweldig begin voel deur opinies en ongevraagde raad wat jou kant toe geslinger word,

stap weg en probeer tot verhaal kom. Gaan stap om die blok, bied aan om drankies te gaan vol

maak of gaan maak die slaai. Verwyder jouself eerder uit die situasie as wat dit in ‘n bakleiery

ontstaan.


4. Weet dat dit okay is om nee te sê

Ja, Kerstyd is tyd vir samesyn, maar wanneer dit skadelik is vir jou geestelike welstand, is dit

jou volle reg om nee te sê. Verduidelik die situasie mooi aan jou ouers (indien hulle jou druk).

Vra of julle Oukersaand saam met familie kan spandeer, maar dalk Kersdag alleen. So sien julle

steeds familie, maar verminder net die tyd wat julle saam met hulle spandeer.


Onthou dat ons steeds Christen-vroue is wat met grasie moet optree teenoor mense wat ons te

na kom. Kersfees is die tyd wanneer ons in meditasie moet wees oor Jesus se geboorte. Dit is

wanneer ons feesvier dat ons Redder vir ons gestuur is. Dit is ‘n tyd wat ons saam moet kom in

liefde en vreugde, nie ‘n tyd wat ons harte seergemaak moet word nie. Staan op vir jouself, stel

duidelike grense en wees die voorbeeld van sagtheid en nederigheid aan jou familielede. Jy

weet wie jy is in Christus en gèèn persoon op aarde sal dit ooit van jou kan ontneem nie.


“You are a child of God, you are wonderfully made, dearly loved and precious in His sight.”
- Psalm 139
239 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page