top of page

Wie is in jou ‘Golden Circle’?

“Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.’

Spreuke 27:17


Ons almal is baie bekend met hierdie versie, want dit is geneig om ‘n meer positiewe aanslaan in

meeste van ons se lewens aan te neem wanneer ons oor die algemeen aan die verhoudings en

vriendskappe in ons lewens dink. Maar daar kom ‘n tyd in elkeen se lewe waar ons die

vriendskappe en verhoudings in ons lewe moet hersien, en dit is okay! Dit is een van die vinnigste

maniere om te weet jou lewe is besig om tot ‘n ander vlak te groei en dat jy aktief deel is van die

lewe se leerskool, en ongelukkig vereis elke volgende vlak van jou persoonlike groei ‘n

verskillende weergawe van jouself. Jy kan nie verwag dat jou lewe soos die van ‘n prinses lyk as jy

soos die jaloerse stief-sussie optree nie. Net soos wat jy in jou eie persoonlike reis groei en ou

blare moet afskud vir nuwe blomme om te bot, is daar ook mense wat jy moet afskud om plek te

maak vir nuwe blomme wat jou nuwe reis sal verryk.


Hoekom is dit so uiters belangrik om ‘n fyn oog te hou oor wie jy in elke nuwe seisoen van jou

lewe toelaat? Die antwoord is nie altyd gerieflik om te hoor nie, maar groei is nie veronderstel om

gerieflik te wees nie. Groei lyk vreemd en onbekend want dit is vreemd en onbekend. Groei is nie

so grasieus en glamourous soos wat dit in ander mense om ons se lewens lyk nie. Dit is nie

vuurwerke en ‘n happy ending toneel nie. Inteendeel, groei kan uitmergelend en uiters dreinerend

wees - maar die enigste manier om groei te celebrate, is om deur dit te gaan. It’s to grow through

what you go through.


Elkeen van ons se seisoen lyk anders. Niemand van ons is dieselfde paar skoene gegee om

hierdie kosbare lewe aan te durf nie. Party van ons se skoene is te groot, ander s’n is te klein.

Partykeer kry ons haksoene vir ‘n grondpad, ander kere kry ons Pick n Pay plakkies vir die winter.

Soms kry ons wol slippers vir die somer en ander kere loop ons kaalvoet oor die klippe. Die lewe

se paaie lyk bittermin soos wat ons die prentjie wat ons oorspronklik verwag, maar dit maak nie

stap minder besonders nie. Elke tree wat ons elke dag gee, is ‘n tree nader aan die volgende vlak

wat die lewe van jou gaan vereis. Elke persoon wat jy toelaat om daardie tree saam met jou te

gee, is mense wat jy toelaat om die pad vorentoe vir jou as blomme te verryk of as onkruid te

verwoes. Almal se ware kleure wys ook nie noodwendig altyd nie, soms moet mens eers tyd

spandeer om die plante in jou lewe te water, en daar is niks verkeer om tyd aan mense te

spandeer nie, maar jy moet seker maak dat hulle deel van jou ‘golden circle’ is.


Wie is die mense wat ‘n plek in jou ‘golden circle’ verdien? Dit is diegene wat in die eerste plek jou

tot op die verhoog aangemoedig, motiveer en ondersteun het. Hulle is die helder blomme wat

langs die pad luister, trane afvee, koelte gee wanneer jy dit nodig het, en soms sommer net ‘n

helder gesig op jou pad is. Dit is die mense wat vir jou hande klap wanneer jy iets goed bereik, al

is dit hoe klein. Dit is die mense wat meer in jou glo as wat jy in jouself glo. Dit is die mense wat

saam met jou in die parkeer area ook sal sit wanneer dinge nie goed gaan nie. Dit is die mense

wat uit liefde uit ferm sal optree wanneer jy nonsens aanvang. Dit is die mense wie se opinie jy

kan vertrou, want hulle is daar vir jou en nie vir wat jy na die tafel toe bring nie. Dit is die mense

wat saam met jou en vir jou bid, want hulle woorde is opreg wanneer hulle sê hulle wens vir jou

die heel beste. Dit is die mense wat die potensiaal in jou raaksien, en jou sal druk om die beste

weergawe van jouself te wees terwyl hulle elke weergawe van jou aanvaar. Hulle inspireer en

motiveer deur hulle eie optrede en groei. Hulle staan saam met jou, hulle help jou op wanneer ju

val en hulle sit saam met jou wanneer die lewe jou tot ‘n time-out druk. Dit is langpadmense. Dit is

die mense wat jou sal abba wanneer jy op ‘n grondpad met hakskoene loop of wat vir jou sal

slippers gee in die winter.


Net soos ons herhinner word dat almal die sleg in iemand kan sien en ons die een moet wees wat

die goed sien, is dit hierdie mense wat ons elke dag aan hierdie waarheid herhinner. Hulle leer ons

om bewus te wees van wat in ons harte omgaan, want dit bepaal die koers van ons lewe. Hulle is


die mense wat deur groeipyne saam groei, saam bid, saam huil en saam droom. Hulle die drie-

dubbele tou mense in ons lewe. Deur dik en dun, breek daardie tou nie maklik nie. Hulle dra jou


deur die lewe se ‘bad & ugly’, en die belonging is elke keer die goeie. Goeie tye van geluk,

vreugde, celebration en saamwees. Die belonging van vriendskap is uiteiendelik die dankbaarheid

vir die blote bestaan van iemand waarop jy kan staatmaak, sonder twyfel. Dit is een van die lewe

se grootste geskenke en voorregte. ‘n ‘Golden Circle’ vriendskap kan maklik gemeet word aan

‘the good, the bad & the ugly’ want hierdie vriendskappe weerstaan dit alles. Die fondasie is sterk

genoeg om ‘the bad & the ugly’ deur te sien, en die belong bly altyd ‘the good’.

Hierdie vriendskappe is uiters belangrik in ons persoonlike reis, want hierdie mense gaan jou

persoonlike groei aanmoedig of pootjie. Almal wil saam in ‘n Limo ry, maar wie gaan langs jou op

die bus sit? Net soos wat jy deur baie grond moet sif om die goud te vind, het jy ook ‘n groot

verantwoordelikheid om ‘n ‘golden circle’ vriendin vir die mense in jou lewe te wees. Wees jy ook

iemand waarop ander mense kan staatmaak, iemand wat inspireer, aanmoedig en motiveer.

Net soos by konserte is die ‘Golden Circle’ kaartjies vir die mense in ons lewe ook duurder, want

die waarde is soveel meer!


Versies van Bemoediging:

“Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.”

Spreuke 27:17

“Vriende kan mekaar verwoes. Daar kan ook ‘n vriend wees wat nader aan jou is as jou eie broer.”

Spreuke 18:24

“Twee is beter as een. Saam bereik hulle meer in hulle werk. As een mens val, kan sy vriend hom

ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie. As twee langs

mekaar slaap, word hulle warm. Maar hoe kan een wat alleen is, warm word? Iemand kan die een

aanval, maar die twee kan weerstand bied. ’n Driedubbele tou breek nie maklik nie.”

Prediker 4:9-12


Liedjies vir die Week:

Jo Black & Refentse - Rig Jou Oë Op Na Die Berge

Hillsong Worship - Fresh Wind

Thomas Rhett - Be A Light

Need To Breathe - Brother

Pink - Cover Me In Sunshine

Jo Black - Yster Slyp Yster


Baie Liefde,

Rouxnette

697 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page