top of page

Wie nie waag nie, sal nie wen nie…


Was jy al ooit by ‘n kruispad in jou lewe waar jy moet besluit- waarheen nou?


‘n Geleentheid tot sukses, geluk of selfs liefde kom op jou pad en jy het een van twee keuses-


1- Jy laat vaar die gedagte want jy is so gemaklik in jou ‘’comfort zone’’ dat bloot die gedagte van verandering na te veel moeite klink of selfs intimiderend is. Jy aanvaar waar jy is in jou lewe want dit is nie so sleg om voort te ploeter waar jy in die hier en nou is nie.


2- Jy gryp die geleentheid van groei wat God op jou pad geplaas het. Dit is nie maklik nie, dit is harde werk. Jy word uit jou ‘’comfort zone’’ gehaal en jy moet skielik moeite doen en verandering aanvaar. Dit is nie ‘n oornag proses nie en met tye kyk jy na die hoeveelheid moeite wat hierdie verandering verg en bevraagteken alles, maar jy druk deur en dan…..dan is die reward soveel groter as wat jy jouself ooit kon indink.


Mooistevrou, vandag wil ek vir jou se dat al is die keuse om die geleentheid wat voor jou is te gryp so groot soos ‘n berg, is die waarskynlikheid dat jy beter af sal wees deur dit aan te gryp amper ‘n sekerheid.


In die loop van ons lewens kom daar tye wanneer God ons voor onverwagte geleenthede plaas. Dit is hier waar ons geloof op die proef gestel word, want dikwels gaan hierdie geleenthede gepaard met 'n dosis vrees en onsekerheid MAAR, dit is juis hier waar ons moet onthou dat God nie toevallig dinge in ons lewens bring nie. Elke geleentheid wat Hy voor ons plaas, is 'n deel van Sy plan vir ons lewens. Daar is 'n doel, selfs al kan ons dit nie dadelik sien nie.


Die spreekwoord lui nie verniet - wie nie waag nie sal nie wen nie. Jy het die vermoe om elke geleentheid te omarm, sonder om terugsy te staan.


So nou is die groot vraag- Hoe weet jy iets is ‘n Godsgeleentheid?


Ek dink ons is soms so ongelooflik gefokus in die ‘’nou’’, om NOU gelukkig te wees, om NOU suksesvol te wees, dat ons nie altyd kyk na die groter prentjie nie. Ons staar onsself ook soms vas in die negatiwiteit in die wereld om ons dat ons ook nie aldag dink ons is waardig tot die positiewe nie.


Fokus op die groter (die langtermyn) prentjie. Fokus op die situasies wat jou kan lei tot deurbraak en groei en dan die belangrikste- fokus op die mense wat jou ideale, jou drome en jou waardes deel.


As jy te bang is om die stap te neem om daai kans te vat of om daai liefde ‘n kans te gee, herhinner jouself dat vrees jou nie in die langtermyn kan motiveer nie. Moenie bang wees om te droom nie, moenie bang wees vir groei nie en wanneer die oomblik te groot voel om daai tree vorentoe te gee- surrender jouself aan God. Hy sal jou lei, Hy sal jou moed gee en Hy sal voorsien.


Mooistevrou- You’ve got this! Jy is braaf! Jy is capable! Jy is waardig tot groot dinge en jy is geliefd!

177 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page