Womanhood doesn’t equal motherhood.
Ek stem volkome saam met die aanhaling, "Womanhood does not equal motherhood." Moederskap kan ’n ongelooflike impakvolle uitwerking van ’n vrou se lewe wees. Dit is egter nie wat ’n vrou waarde gee of die enigste manier hoe sy waarlik soos ’n vrou kan voel net as sy ’n mamma word nie.Om ’n kind te kry is nie fundamenteel tot ’n vrou se vroulikheid nie. Elke vrou sal verskillende paaie deur die lewe loop en elke vrou se pad is net so geldig soos enige ander vrou sin ongeag of jy ’n mamma word of nie.
Ek voel ons praat nie oor hierdie “topic” nie. As jy ’n kêrel het vra almal, so wanneer raak julle verloof?As julle verloof raak vra almal, so wanneer trou julle? As jy getroud is vra almal ,so wanneer kom die baba? As jy ’n kind het vra almal, so wanneer kom die tweede een? Die druk is geweldig van mense. Wie het besluit dat dit die reel is ? Mense hoef nie kinders te hê om tevrede te wees met hulle lewe nie. Daar is baie ander dinge wat jou lewe kan vervul.
As jy nie kinders wil hê nie, beteken dit nie dat jy ’n abnormale vrou is nie.Elke vrou het die volle reg om daaroor te besluit.Moenie bang wees om te erken as jy nie ’n kind wil hê nie, inteendeel bestempel jouself as ’n eerlike persoon wat kan erken dat dit nie jou ideaal is in ooreenstemming met sosiale standaarde en templates nie. “Having a baby is like getting a tattoo on your face. You really need to be certain it’s what you want before you commit.” Eat Pray Love.
Dit beteken nie as jy getroud is jy MOET ’n kind kry net omdat jy ’n vrou is en dit verwag word van jou nie. As mense jou vra wil jy kinders hê en jou antwoord is nee, is dit half ’n skok omdat dit nie die norm is nie.Veral mense wat reeds kinders het of wil hê voel “offended”as jy sê jy wil nie kinders hê nie.Wie het die reel gemaak dat ons almal MOET kinders kry? Party mense kan nie kinders kry nie en wil baie graag, nou het hulle nog eksterne druk van mense wat heeltyd vra wanneer kry julle ’n baba.
Party mense kry kinders net vir sosiale media. Mense raak so verslaaf aan die “likes” op social media dat hulle enige iets sal doen daarvoor. Party mense kry kinders omdat hulle vriende kinders het en hulle voel hulle mis uit. Party mense kry kinders omdat hulle ouers druk op hulle sit dat hulle ouers ouma en oupa wil word. Party mense kry kinders omdat hulle dink ’n kind hulle gelukkig sal maak.
Eerlikwaar dink ek nie almal dink mooi voor hulle kinders kry nie.Om ’n ma te word verg so baie van ’n vrou. Jou liggaam verander, jou prioriteite verander, jou finansies word beinvloed, jou slaap patroon verander en wel jou hele lewe verander. Moet my nie verkeerd verstaan nie, om ’n mamma te word is “magical” en die vreugde wat jy kry is onmeetbaar maar dit maak jou nie minder van ’n vrou as jy nie ’n kind kry nie. Jy kan ’n mamma wees al het jy nie self geboorte gegee aan ’n kind nie en jy kan ’n mamma wees vir jou diere ook.
Besluit wat reg is vir jou, nie wat ander van jou verwag as vrou nie.