top of page

Word stil en Wag….

Ek weet nie van jou nie maar ek hou niks daarvan om te wag nie. As ek iets wil hê, soek en dit nou! Nee, kom ons sê eerder dat as ek iets wil hê, moes ek dit gister al gehad het. As ek in ‘n ry moet staan en vir iets of iemand moet wag, vang my ongeduld my permanent en bring sommer die slegste in my uit. Wie van ons het nie al ons koel verloor omdat die krag nogsteeds af is nie of omdat die verkeer voor die skool nie net bietjie vinniger kan beweeg nie?

En tog…so ironies, seën die Here my vir die afgelope jaar konstant met juis hierdie klein woordjie …WAG!!!


Tydens ons weeklikse Bybelstudie groepie behandel ons Habakkuk en wat dit beteken om te worstel met die Here en ek bevind myself in hierdie spasie waar ek heeltyd baklei met Hom. Elke dag vra ek: “Here, hoekom as ek betyds kan wees moet ek aanhoudend vir U wag? Hoekom kan U tyd en my tyd nie net ‘n bietjie ooreenstem nie? Hoekom kan dinge nie net makliker wees nie? U ken tog my hart?”

In hierdie gejaagde wêreld waar almal, ek inkluis, elke dag ons bes probeer om betyds vir alles te wees kom hierdie woorde “trust in the Lord’s time” , “when the time is right, I the Lord will make it happen”, “blessed is she who believed that the Lord would fulfil His promises to her” en honderde meer elke dag op my Instagram en Facebook feed en al wat ek kan dink is - nou wanneer Here? Wanneer gaan hierdie beloofde tyd aanbreek?

Ek is onlangs deur ‘n tyd in my lewe waar die een persoon wat ek die liefste gehad het my die seerste gemaak het en net totaal die wêreld onder my voete uitgeruk het. Al wat ek die Here aanhoudend hoor sê het terwyl my hart in stukke was, was “word stil en wag Bernice alles sal uitwerk soos dit moet”


Glad nie wat mens wil hoor in daai oomblik van seerkry nie maar stadig is ek geforseer om stil te word en vir myself te vra- Hoekom is wag so ‘n belangrike deel van ons geloof? Hoekom is dit soms nodig om net ‘n tree terug te gee en stil te word saam met die Here?

Die antwoord hiervoor is eintlik so eenvoudig-

As ons Vader elke gebed op ons terme en ons tydlyn sou verhoor, sou geloof werklik nog nodig gewees het?


In daai periodes van stilte waar dit voel of ons vir ewig wag is God beslis nie afwesig nie, Hy is besig om aan jou en in jou te werk. Ons moet God bly vertrou al kan ons nie die einddoel sien nie. Ek besef nou dat delay en wag periodes beteken nie denial van God af nie…dit is God se manier om te sê: “Wag my kind want ek het soveel beter vir jou oppad, al wat jy moet doen is My vertrou”


Mooistevrou, as jy net soos ek in ‘n wag seisoen is, wil ek jou vandag aanmoedig om te bly glo en vertrou dat God hierdie stiltetyd gebruik om jou geloof te help groei want wanneer Hy daardie gebed van jou gaan verhoor gaan dit elke verwagting oortref!


God se plan vir my en jou is so perfek uitgekerf en as jy maar net besef dat waarvoor jy bereid is om te settle is so ongelooflik min in vergelyking met wat Hy vir jou beplan. Jy is so spesiaal en uniek vir Hom en Hy wil hê dat jy jou eie waarde en potensiaal ook moet raaksien.

Word stil en luister na Sy stem en as jy Hom nog nie duidelik genoeg hoor nie…WAG en werk aan jouself en jou verhouding met Hom want meeste van die tyd werk Hy eers aan jou voordat Hy jou gebed verhoor. Moet nie jou wag-tydperk verby wens nie want wanneer Hy wel praat, gaan dit amazing wees!


Ek sluit af met die woorde van die liedjie Even if deur MercyMe:

They say it only

takes a little faith

To move a mountain

Well, good thing

A little faith is all I

have right now


Hou moed…en hou aan glo…al is dit hoe moeilik en jy is op jou laaste…jou seisoen is oppad.

Groete

Bernice Schutte

511 views1 comment

Related Posts

See All
bottom of page